'n Nuwe wêreldkaart sal Afrika se ware grootte weerspieël

Sep 5
1 min read
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ten gunste van ’n nuwe wêreldkaart gestem wat Afrika se ware grootte meer akkuraat weerspieël.
Die BBC berig die Correct the Map-resolusie is deur die Afrika-unie gesteun. Dit is ook deur 164 lande ondersteun. Die Verenigde State was die enigste land wat daarteen gestem het, terwyl ses lande buite stemming gebly het.
Die besluit is nie bindend nie, maar kan daartoe lei dat instellings wêreldwyd hul kaarte verander.
Die tradisionele kaart word al sedert die 16de eeu gebruik, maar verdraai die grootte van lande. Groenland lyk byvoorbeeld omtrent so groot soos Afrika, hoewel Afrika in werklikheid sowat 14 keer groter is.








Comments