’n Olietenkskip is glo in die Straat van Hormuz aangeval
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 days ago
- 1 min read
’n Olietenkskip is na bewering deur onbekende projektiele in die Straat van Hormuz getref.
Hierdie voorval volg nadat die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, gesê het sy land sal skepe, wat weens die VSA en Israel se konflik met Iran in die Straat vasgekeer is, Maandag help om veilig te beweeg.
Iran het olietenkskepe geblokkeer om olie deur die straat te vervoer sedert Amerika en Israel dit in Februarie aangeval het. Trump het glo verder gesê dat dit as 'n humanitêre gebaar beskou word.
Intussen hersien Iran die reaksie deur Amerika op sy jongste vredesplan.








Comments