'n Omstrede handboektender word ondersoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
’n Onafhanklike eksterne ondersoek kom na die proses wat die Departement van Basiese Onderwys gevolg het in die toekenning van die omstrede handboektender van meer as R285 miljoen aan ’n nuwe Kaapstadse uitgewery.
Netwerk24 berig die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het dit Dinsdag in die parlement onthul.
Gwarube sê in die onderwys steel korrupsie direk van kinders en onderwysers. Volgens haar is dit waarom integriteit in staatsverkryging van kritieke belang is.
Gwarube het die minister van finansies, Enoch Godongwana, versoek dat die nasionale tesourie enige onreëlmatighede rakende die betrokke tender bekyk. Volgens Gwarube word dit gedoen om te verseker dat handboeke van ’n goeie gehalte leerlinge betyds bereik deur ’n wettige, billike en deursigtige proses wat die openbare vertroue waardig is.
Rosestad-nuus het vroeër berig oor die omstrede Lighthouse Publishers, wat slegs drie dae nadat die spesifikasies vir die tender uitgereik is, geregistreer is.








Comments