top of page

‘n Ongeluk eis die lewe van drie kinders

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 10, 2025
  • 1 min read

‘n Ongeluk op die R76 naby Viljoenskroon het die lewe van drie kinders geëis.


Parys Gazette berig volgens die voorsitter van die Road Incident Management System en die Vrystaatse Nood Mediese Dienste, Sipho Towa, het die ongeluk Saterdagaand plaasgevind.


Die bestuurder van ‘n 7-sitplek voertuig wat van ‘n kerkdiens in Kroonstad onderweg terug na Sasolburg was, het glo beheer oor die voertuig verloor.


Naas die drie kinders wat in die ongeluk oorlede is, het nog twee kinders kritieke beserings oopgedoen.


Verder het ses kinders en twee volwassenes slegs ligte beserings opgedoen.


FOTO: Arrive Alive
FOTO: Arrive Alive

Comments


bottom of page