top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Oorsig besoek aan Bloem-hospitale fokus op uitdagings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

’n Oorsigbesoek aan Vrystaatse hospitale onder andere Pelonomi-hospitaal, die Nasionale Distrikshospitaal en die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein fokus op uitdagings rondom gesondheidsinfrastruktuur.


Die Parlement se gekose komitee oor maatskaplike dienste sal vandag kyk na kwessies wat dienslewering raak soos vertragings met projekte, swak instandhouding en die bestuur van fondse.


Die komitee wil ook bepaal of begrotingsdruk en moontlike wanbesteding bydra tot infrastruktuurprobleme.


Die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, sê in ’n mediaverklaring die besoek bied ’n geleentheid om uitdagings uit te lig en oplossings te bespreek.


Die doel is om aanbevelings te maak wat toegang tot beter gesondheidsdienste in die provinsie kan verbeter.


Pelonomi-hospitaal. FOTO: Placementpal
Pelonomi-hospitaal. FOTO: Placementpal

Comments


bottom of page