top of page

'n Oud-polisiefotograaf is in Bfn doodgery

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 8h
  • 1 min read

’n Voormalige misdaadtoneel-fotograaf van die polisie, wat in sy beroep grusame tonele afgeneem het, is Maandag oorkant die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein doodgery.


Netwerk24 berig Goodwin van Eeden, beter bekend as Smiley, is omstreeks 10:30 skaars ’n kilometer van Krause House in Oranjesig, waar hy nege jaar gewoon het, doodgery.


Hy was vermoedelik van die Nasionale Hospitaal af op pad huis toe en is raakgery toe hy oor die straat stap. ’n Paramedikus op die toneel sê ’n kliniekkaart met sy inligting op is by Van Eeden gekry.


Die motoris wat hom glo raakgery het, moes traumabehandeling op die toneel kry. Geskokte leerlinge van die skool het van agter die heining die gebeure dopgehou.


Goodwin "Smiley" van Eeden. FOTO: Facebook
Goodwin "Smiley" van Eeden. FOTO: Facebook

1 Comment


Emile van Eeden
Emile van Eeden
2 hours ago

Dis skolkend hoe mense deesdae ry.

Like
bottom of page