top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Paroolganger is wéér in hegtenis op aanklag van verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

'n Man wat verlede jaar op parool vrygelaat is nadat hy vir verkragting skuldig bevind is, is weer in hegtenis geneem.


Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Valke is die 35-jarige Gregony Deck  in Masilo naby Theunissen aangekeer.


Hy was 'n gesoekte verdagte in 'n ondersoek na beweerde mensehandel, verkragting en roof.


Lede van die Valke se Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad, met die hulp van die Taktiese Reaksiespan, het hom ná inligting oor sy beweerde skuilplek opgespoor.


Deck verskyn na verwagting Dinsdag in die Bloemfontein-landdroshof.


Gregony Deck. FOTO: Verskaf
Gregony Deck. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page