top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Pasgebore baba is in 'n veld in Bfn opgetel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 27
  • 1 min read

'n Pasgebore baba is in 'n veld in Bloemfontein gevind.


'n Betroubare en ingeligte bron het aan Rosestad-nuus vertel die seuntjie is Vrydagoggend deur die gemeenskap in 'n oop stuk veld tussen die Nasionale Hospitaal en die Hoër Tegniese Skool Louis Botha gevind.


Die bron bevestig die baba, wat vermoedelik net 'n paar uur oud was toe hy gevind is, leef nog, en is na die Mediclinic-hospitaal geneem om gestabiliseer te word.


Daarna is die kind na die neonatale eenheid van die Pelonomi-hospitaal geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page