top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Plaaslike eierprojek bring hoop vir die Thaba ‘Nchu-gemeenskap

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 2
  • 1 min read

Danksy ’n gemeenskapsgerigte lêhoenderprojek op die plaas Blijdskap. kan inwoners van die Thaba 'Nchu-omgewing kan nou vars, plaaslik geproduseerde eiers aankoop.


Volgens Maroela Media het die projek onlangs sy eerste eiers aan gemeenskapslede verkoop, met die doel om toegang tot bekostigbare en voedsame kos te verbeter.


Die inisiatief fokus veral daarop om swanger vroue en jong kinders van proteïenryke voedsel te voorsien.


Die projek word deur verskeie rolspelers ondersteun en is daarop gemik om voedselsekerheid te versterk, terwyl plaaslike inwoners ook die geleentheid kry om ’n volhoubare inkomste te verdien.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page