top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

' 'n Private Afrikaanse universiteit behoort nie aanvaarbaar te wees nie’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 11
  • 1 min read

Updated: Aug 12

ʼn Private Afrikaanse universiteit behoort nie aanvaarbaar te wees nie.


Dit is die woorde van oudminister Naledi Pandor tydens die jongste episode van die African Renaissance-podsending, met skynbare verwysing na die onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia.


Maroela Media berig Pandor meen swart Suid-Afrikaners behoort hul oor dié instelling uit te spreek. Sy sê in die podsending swart Suid-Afrikaners veg tans teen eeue van rassisme en kolonialisme. Sy beweer diegene wat aan bewind was, gee nie maklik beheer prys nie en soek dus na ander maniere.


Die oudminister sê die land is besig om ʼn fundamenteel anders en volhoubare progressiewe demokrasie te bou, en as dit verstaan word, sal AfriForum geen invloed meer hê nie.


Konstruksie aan die instelling se nuwe Pretoriase kampus het in Januarie afgeskop. Die projek beloop na raming R3-miljard.


Naledi Pandor. FOTO: Maroela Media
Naledi Pandor. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page