top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Prokureur vat Malema hof toe vir haatspraak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 20
  • 1 min read

’n Prokureur het ’n klag teen Julius Malema en sy EFF by die gelykheidshof in Johannesburg ingedien waarin hulle van haatspraak, die intimidasie van geregsbeamptes en die bevordering van geweld teen sekere ras- en beroepsgroepe beskuldig word.


Netwerk24 berig die prokureur, Hilmer Wilhelm Kruger, se klag hou verband met onder meer ’n voorval op 23 Januarie by die landdroshof in KuGompo-stad (voorheen Oos-Londen) waar Malema vir voorvonnis-verrigtinge verskyn het nadat hy op 28 Oktober 2025 skuldig bevind is op vyf aanklagte wat verband hou met die Wet op Beheer van Vuurwapens.


Luidens die hofstukke het ondersteuners buite die hof ‘n saamgeflansde kis met die landdros se foto daarop vertoon. Malema het ook landdros Twanet Olivier in die openbaar van rassisme en vooroordeel beskuldig.


Kruger beweer in die hofstukke, wat op 15 April ingedien is, die vertoning van die kis kan “redelikerwys as simboliese intimidasie geïnterpreteer word”.


Rosestad-nuus het vroeër berig kenners sê Malema kan steeds as 'n lid van die parlement dien totdat al sy regsopsies uitgeput is.


Julius Malema. FOTO: Times Live
Julius Malema. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page