‘n Register vir informele handelaars word oorweeg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika oorweeg die instel van ʼn statistiese register vir kleinskaalse en informele handelaars. Dit volg ná die landwye debat oor die metodologie wat gebruik word om die land se werkloosheidsyfers te bereken. Die debat is ontketen nadat die uittredende uitvoerende hoof van Capitec, Gerrie Fourie beweer het dat die land se werkloosheidskoers veel laer is wat beweer word, weens werk in die informele sektor wat nie in ag geneem word nie. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê die beplande register sal Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling aanvul en as waardevolle raamwerk vir verbeterde arbeidsmarkontleding dien.






Comments