'n SA vrou pronk op TIMES se ranglys
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 17
- 1 min read
Die stigter van Suid-Afrika se Women For Change, Sabrina Walter, is op TIME Magazine se lys van die 100 mees invloedryke mense in die wêreld vir 2026 erken.
Walter veg en pleit al 'n dekade lank teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord.
Good Things Guy berig Walter se beweging, wat gedra is deur 1,1 miljoen mense wat geweier het om stilgemaak te word, betekenisvolle verandering in Suid-Afrika bring. Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord is vroeër vanjaar amptelik tot ’n nasionale ramp verklaar.
TIME Magazine vier nou Walter vir haar leierskap in daardie impakvolle oomblik deur haar te erken as een van slegs 100 mense in die wêreld wie se impak, moed en werk ’n werklike verskil maak.
Walter sê egter dit gaan nie oor haar nie, maar dit is vir elke vrou en kind in Suid-Afrika, elke oorlewende wat hul pyn in stilte gedra het, elke familie wat steeds vir geregtigheid veg, en elke bondgenoot wat aanhou om saam te staan.
Rosestad-nuus het vroeër berig van ‘n groep vroue van Bloemfontein wat vir 15 minute saam gaan lê het ter ere van die 15 vroue wat elke dag in Suid-Afrika vermoor word, onder die hutsmerk #WomenForChange.







Comments