‘n Saak teen ‘n Vrystaatse boer is wéér ná ‘n rower se skietdood in 2016 uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
Die saak teen ‘n Vrystaatse boer, wat op ’n aanklag van moord teregstaan ná ’n plaasaanval nege jaar gelede, is weereens in die Brandfort-streekhof uitgestel. Volgens Landbouweekblad het die beweerde plaasaanval in Augustus 2016 op sy plaas, Palmietfontein, buite dié dorp plaasgevind en is verander in ’n moordsaak nadat een van Carl Gutter se vermeende aanvallers, Sonnyboy Segalo, oorlede is. Dit nadat hy hom glo in die rug geskiet het. Gutter is in Mei vanjaar op sy plaas in hegtenis geneem en borgtog van R2 000 is aan hom toegestaan. Die saak is sedertdien al drie keer uitgestel.





Comments