‘n Sakeman is glo oor kleingeld vermoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 27
- 1 min read
’n Sakeman is glo in die Vrystaat ná ’n argument oor kleingeld vermoor.
Volgens ’n mediaverklaring van die polisie is ’n man van Bluegumbosch, in Phuthaditjhaba, in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die verdagte het na bewering die slagoffer met ’n mes doodgesteek.
Nadat hy die gemeenskap se reaksie gesien het, het hy vir sy veiligheid na ‘n polisieman se huis gevlug.
’n Saak van moord word ondersoek, en die verdagte sal na verwagting binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.








Comments