'n Steve Hofmeyr- konsert is een van die middelpunte van 'n hof-twis oor likwidasie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 31, 2025
- 1 min read
Die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert is een van die middelpunte van 'n geskil tussen 'n produksiemaatskappy in Pretoria en 'n geleentheidsorganiseerder van die Paarl.
Dit aangesien Wynand de Villiers van Cool Concerts glo meer as R2 miljoen skuld aan Murray Lubbe, eienaar van die produksiemaatskappy Hit Factory, vir die tegniese produksie van verskeie konserte.
Netwerk24 berig Lubbe se hofstukke in die hooggeregshof in Kaapstad lui dat De Villiers geld geskuld het vir konserte in Pretoria, en dus was Lubbe nie bereid om die tegniese voorbereiding vir die Ikoon-konsert in Kaapstad te tref voordat minstens die Pretoria-koste gedek is nie.
Lubbe se regsverteenwoordiger, Henriko Prinsloo, sê die likwidasieproses teen De Villiers se maatskappy is ingestel weens hul volgehoue versuim om beduidende uitstaande bedrae te betaal.






Comments