top of page

‘n Toegewyde Bloem-speurder verseker geregtigheid vir jong slagoffers

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 18
  • 1 min read

Danksy die toewyding van Sersant Katlego Pheko van die Mangaung Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid word kwesbare kinders se stemme in die hof gehoor. Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring Pheko se deeglike ondersoeke het onlangse sake tot skuldigbevindings gelei. In die eerste voorval is ‘n 19-jarige tot vyf jaar tronkstraf gevonnis na hy onvanpaste seksuele aanmerkings teenoor ‘n 8-jarige meisie gemaak het. In nog ‘n geval is die stiefma van ‘n 11-jarige seun tot 10 jaar tronkstraf op twee aanklagte van aanranding gevonnis. Sy is ook ongeskik verklaar om met kinders te werk.

 
 
 

Comments


bottom of page