top of page

‘n Tuisonderrig-organisasie daag die Bela-wet in die Konstitusionele Hof uit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

‘n Organisasie wat hulle vir tuisonderrig-regte beywer, die Pestalozzi-trust, nader die Konstitusionele Hof om die grondwetlikheid van die omstrede Bela-wet uit te daag. Hulle voer aan dat die parlement se destydse openbare deelnameproses om die wetgewing op te stel onvoldoende was, en dit as ʼn blote rubberstempel beskryf. Veertien respondente is in die hofaansoek gelys, onder wie president Cyril Ramaphosa, die speaker van die Nasionale Vergadering, die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en speakers van al nege provinsiale wetgewers. Die wet is Desember verlede jaar deur die president bekragtig.

 
 
 

Comments


bottom of page