‘n Valke-tekort bedreig veiligheid
- Armando Pieters

- Jun 23
- 1 min read
Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) is uiters bekommerd dat ʼn ernstige personeeltekort by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, beter bekend as die Valke, ʼn krisisvlak bereik het en dat dienslewering nou daaronder ly. Maroela Media berig volgens PSA-woordvoerder, Reuben Maleka, is die tekort só ernstig dat dit die Valke se vermoë om ernstige en georganiseerde misdaad te takel in gevaar stel. Die Valke se amptelike organogram maak voorsiening vir 5 332 poste, maar net 2 688 daarvan is tans gevul. Dit beteken daar is minder as die helfte van die nodige personeel beskikbaar om ʼn al hoe groter werkslading te hanteer. Daar word gevra dat daar dringend nuwe mense gewerf en opgelei word om die kritieke eenheid te versterk. Maleka waarsku as die Valke nie op volle kapasiteit kan funsioneer nie, misadadigers eenvoudig sal bly wegkom.





Comments