’n Verdagte is in hegtenis ná kabels in Botshabelo beskadig is
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Verdagte is in Botshabelo in hegtenis geneem in verband met diefstal en die beskadiging van koperkabels.
Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, is die verdagte betrap terwyl hy glo ’n Air-Dac-koperkabel by ’n huis gesny het.
Sowat 30m koperkabel, ter waarde van meer as R16 000, is glo beskadig.
Centlec sê ondersoek word verder ingestel om vas te stel of die verdagte met nog ’n soortgelyke voorval in die gebied verbind kan word.
Die kragverskaffer doen ’n beroep op inwoners om verdagte bedrywighede by die toepaslike owerhede aan te meld.







Comments