top of page

'n Verdagte word gesoek nadat 'n Bfn man glo vergiftig word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

'n Saak van poging tot moord word ondersoek nadat 'n jong man vermoedelik deur 'n motorwerktuigkundige in Bloemfontein vergiftig is.


Die 18-jarige slagoffer het die werktuigkundige, aan hom net as "Johannes" bekend, in Barry Richterlaan in Fleurdal raakgeloop en navraag oor 'n uitstaande terugbetaling gedoen. "Johannes" het toe aan die slagoffer gesê hulle moet later die dag bymekaar kom.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê "Johannes" het toe na bewering lekkergoed aan die slagoffer gebied.


LUISTER HIER:


Sersant Mahlomola Kareli

'n Saak van poging tot moord is by die Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak, en die verdagte, net as "Johannes" bekend, word gesoek.


Die verdagte, slegs bekend as "Johannes". FOTO: Verskaf
Die verdagte, slegs bekend as "Johannes". FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page