top of page

‘n Verkleurmannetjie reis van Bloemfontein na KwaZulu-Natal

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 25
  • 1 min read

‘n Verkleurmannetjie wat vroeër die jaar deur die polisie in Bloemfontein gekonfiskeer is, is nou terug tuis in Howick, KwaZulu-Natal.


Die Nasionale Museum in Bloem sê in ‘n plasing op sosiale media amptenare het hulle gekontak om die interessante “akkedis” te identifiseer – wat hulle gedoen het.


Volgens natuurbewaringsbeamptes is dit ‘n Natal Midlands Dwarf Chameleon wat slegs in KwaZulu-Natal voorkom, en wat tans as ‘n bedreigde spesie gelys is.


Die verkleurmannetjie het na ‘n besoek aan die museum sy tog terug huis toe aangepak en is tans by die FreeMe-rehabilitasiekliniek.


Die museum herinner almal dat dit onwettig is om wilde diere as troeteldiere aan te hou.


FOTO: Nasionale Museum
FOTO: Nasionale Museum

Comments


bottom of page