top of page

'n Verkragting-verdagte is ná meer as twee dekades vasgetrek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 1
  • 1 min read

'n Man wat na bewering aan 'n reeks verkragtings en diefstal verbind kan word, is ná meer as 20 jaar in hegtenis geneem. Die misdade het in Welkom, Thabong en Bloemfontein plaas gevind.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die verdagte is onlangs deur lede van die publiek aangekeer nadat hy 'n jong vrou by 'n plaaslike begrafplaas aangeval en verkrag het. Hy is toe aan die Mangaung-polisie oorhandig.


Voorlopige ondersoeke toon dat die verdagte homself as 'n "profeet" voorgedoen het en gesê het sy slagoffers moet hom help om rituele vir sy voorvaders in begrafplase uit te voer. Hier sal hy die slagoffers vra om vir "reiniging" te ontklee. Hy sal hul hare sny en brand, en hulle dan verkrag en beroof.


Die forensiese bewyse verbind die man met misdade so lank gelede as 1999.


Hy sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page