top of page

'n Vermeende dief is by 'n Bfn kwekery aangekeer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 17 hours ago
  • 1 min read

‘n Verdagte winkeldief is Sondag by die Greenside-kwekery in Bloemfontein deur personeel en veiligheidspersoneel aangekeer.


Bloemnuus berig Marius Annandale van Greenside sê die in hegtenisneming van die verdagte vrou volg op nog twee verdagte mans wat op 14 Februarie in hegtenis geneem is. Hy sê hulle hou die afgelope twee maande sewe verdagtes op kringtelevisie dop, en hulle vermoed die twee gevalle hou met mekaar verband.


Hy vertel die vrou is op heter daad betrap terwyl sy gesteel het, en is in hegtenis geneem.


Annandale sê met die in hegtenisneming in Februarie is dieselfde twee verdagtes ook verbind met diefstal by die Local Choice-apteek en De Jagers-klerewinkel by The Towers-winkelsentrum in Langenhovenpark.


Sake van diefstal is by die Bainsvlei-polisiekantoor oopgemaak.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page