top of page

'n Vis is glo die oorsaak van 'n veldbrand in Kanada

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Nadat 'n groot veldbrand in Ashcroft in Kanada geblus is, het brandbestryders besef dit was 'n vis wat die brand veroorsaak het.

Volgens hul Facebook-plasing sê Ashcroft Fire Rescue hulle glo die vis is deur 'n visvalk by die nabygeleë rivier gevang, wat dit toe vermoedelik tydens sy vlug op ʼn kragdraad laat val het. Vonke van die kragdraad het die droë gras laat brand, het die brandweer bygevoeg.

Hulle glo die voël het moontlik sy vangs laat val omdat hy uitgeput was weens die uiterste hitte.

Die brandweer skerts dat hy dalk ook net moeg was vir rou vis, en gaar vis wou probeer.

Die voël is onbeseer en steeds op vrye vlug.

 
 
 

Comments


bottom of page