Ruimtestasie-tegnologie word nou vir sanitasieprobleme op Aarde ingespan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 16 minutes ago
- 1 min read
‘n Uitvinder wat ‘n waterlose toilet ontwikkel het terwyl sy aan sanitasie vir ruimtestasies gewerk het, gebruik nou die tegnologie om sanitasieprobleme op Aarde aan te spreek.
Diana Yousef het die iThrone geskep, ‘n spoelvrye toilet wat reeds sowat 20 000 huishoudings in Uganda, Panama en die Verenigde State bedien.
Die stelsel verdamp vinnig 95 % van die water in urine en ontlasting, wat dit moontlik maak om afval sonder rioolstelsels te bestuur.
Yousef het ook vanjaar se Global Citizen Waislitz-toekenning ontvang, insluitend befondsing om die tegnologie uit te brei.








Comments