SA'ners kan binnekort ongewenste bemarkingsoproepe vryspring
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 44 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrikaners kan binnekort groter beskerming teen ongewenste bemarkingsoproepe hê deur ‘n nuwe Nasionale Verbruikerskommissie-uitsluitingsregister.
Die stelsel sal verbruikers toelaat om ‘n algemene “moenie kommunikeer”-voorkeur by maatskappye te registreer. Die kommissie sê die register word ontwikkel in reaksie op toenemende klagtes oor ongewenste bemarkingsoproepe.
Besighede sal vereis word om gereeld hul databasisse teen die register na te gaan en skoon te maak om te verseker dat verbruikers wat uitgesluit is, nie meer gekontak word nie. Die kommissie het konsultasies met belanghebbendes gehou om te verduidelik hoe die stelsel sal werk, insluitend die interaksie daarvan met privaatheidswette.








Comments