top of page

‘n Voorstel vir ouerskapsverlof is op die tafel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 39m
  • 1 min read

’n Nuwe wetsvoorstel kan werknemers toelaat om ouerskapsverlof te neem indien ’n swangerskap in die derde trimester in ’n miskraam eindig of ’n baba stilgebore word.


Die voorstel vorm deel van moontlike veranderinge aan Suid-Afrika se arbeidswette.


Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het die Wetsontwerp op Wysiging van Arbeidswette 2025 en die Wetsontwerp op Wysiging van Arbeidsverhoudinge 2025 vir openbare kommentaar gepubliseer.


Volgens die departement het Suid-Afrikaners tot die einde van die maand tyd om kommentaar te lewer.


Die departement sê die voorgestelde wysigings poog om arbeidswette te moderniseer, werkssekerheid te verbeter en groter beskerming aan kwesbare werkers te bied.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page