‘n Voortvlugtige is in Bloem aangekeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
’n Voortvlugtige is tydens ’n padblokkade op die N1 in Bloemfontein aangekeer.
Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het beamptes tydens Operasie Shanela in die Navalsig-polisiestasie se gebied byna 200 voertuie en meer as 400 mense deursoek.
’n Toyota Quantum-minibus is voorgekeer, waarna ’n deursoeking gelei het tot die ontdekking van ’n 9mm-pistool, ’n magasyn en sewe patrone wat glo onwettig in die man se besit was.
Die 39-jarige buitelander is op die toneel in hegtenis geneem.
Covane sê verdere inligting dui daarop dat die man in sy land van herkoms vir ernstige misdade gesoek word.








Comments