’n Vragmotorbestuurder sterf in skietery in Hamilton
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 23 hours ago
- 1 min read
’n Vragmotorbestuurder is oorlede nadat gewapende mans hom en sy kollega in Hamilton, Bloemfontein, aangeval het.
Volgens polisiewoordvoerder, Luitenant-kolonel Thabo Covane, was die twee mans vroeër die week besig om ’n vragmotor met ’n hoenderaflewering na Ficksburg te laai toe ’n wit sportnutsvoertuig langs die vragmotor stilgehou het.
Die insittendes het op die vragmotor losgebrand. Die bestuurder is deur ’n koeël getref en het aan sy beserings beswyk.
Twee gewapende mans het daarna die passasier genader en die sleutel van die vragmotor se kluis geëis.
Hy het die sleutels na hulle gegooi en daarin geslaag om weg te kom.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie soek steeds na die verdagtes en die wit sportnutsvoertuig.








Comments