‘n Vrou is van ‘n gyselaarsdrama in die VS gered
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
‘n Vrou is ná etlike ure van ‘n gyselaarsdrama in Jacobsdal in die Vrystaat gered.
Volgens woordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is polisie Sondag omstreeks 11:45 na die Ratanang-woonbuurt ontbied. Volgens voorlopige inligting is ’n 25-jarige vrou na bewering in die skouer geskiet deur ’n 28-jarige polisiekonstabel wat in Hanover in die Noord-Kaap gestasioneer is.
Gyselaarsonderhandelinge is begin, en omstreeks 20:30 het die verdagte sy dienspistool oorhandig en homself aan die polisie oorgegee.
Noodmediese personeel het die beseerde slagoffer op die toneel behandel, waarna sy na ’n hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap vir verdere mediese behandeling vervoer is.
’n Saak van ontvoering en poging tot moord is aanhangig gemaak. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Jacobsdal-landdroshof verskyn.








Comments