’n Vrystaat-boer se moordenaar kry lewenslange tronkstraf

Die moordenaar van die 29-jarige Vrystaatse boer Christian van Tonder is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Van Tonder se liggaam is in November 2021 in sy bakkie naby Vanderbijlpark gevind nadat hy tydens ’n verkooptransaksie met sy beeste doodgeskiet is.
Maroela Media berig Van Tonder het sowat 30 beeste aan Jaco Botha verkoop, wat hom byna 300-duisend rand sou betaal. Die geld is egter nooit betaal nie.
Die Pretoriase Hooggeregshof het bevind Botha het Van Tonder met voorbedagte rade na ’n afgeleë grondpad geneem en hom verskeie kere geskiet.
Die hof het bevind gierigheid was die motief en dat Botha nooit van plan was om vir die beeste te betaal nie.
Botha is benewens lewenslange tronkstraf ook tot altesaam 20 jaar gevonnis vir diefstal en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.








Comments