top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaat-munisipaliteit word oor laat betalings gekritiseer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 21
  • 1 min read

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat word gekritiseer oor voortdurende vertragings met die betaling van munisipale rekeninge.


Volgens berigte lei die probleem tot elektrisiteitsafsluitings by skole en ander openbare instellings.


Ngwathe sluit onder meer Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville in.


Die DA sê die situasie plaas verdere finansiële druk op kwesbare openbare dienste en fasiliteite.


Die party se raadslid, Carina Serfontein, vra nou vir dringende aandag aan betalingsprosesse en die verifikasie van uitstaande rekeninge.


Ter illustrsie. FOTO: Facebook
Ter illustrsie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page