top of page

'n Vrystaatse boer se skape is tops

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

'n Skaapstoetboer van Kroonstad, Hennie Jonker, het die eerste prys op die Lamb Champs-kompetisie op Parys gewen.

Nie net het hy eerste gekom in die spitbraai nie, hy het ook die kampioen-enkelkarkas op die Alle Ras Ekspo op die dorp gehad. Dit is danksy die besonderse gehalte van Hampshire Down-vleis.

Landbou.com berig in die beoordeling op die hoef het Jonker die Hampshire Down-kampioen vertoon, en hy het tweede in die inter-raskompetisie gekom.

Vir sy eerste prys vir die beste lam op die spit het hy R40 000 ontvang, terwyl sy kampioen-enkelkarkas vir R30 000 op ’n BKB-veiling verkoop is.

 
 
 

Comments


bottom of page