'n Vrystaatse man is vas vir die moord op sy meisie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 5
- 1 min read
'n Man van Bultfontein is in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie in 'n geval van gesinsgeweld vermoor het.
Hy het haar glo van ontrou beskuldig en met 'n knopkierie en 'n mes aangeval.
Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring die slagoffer is in die slaapkamer op 'n plaas gevind, met veelvuldige steekwonde aan haar bors en gesig. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die man sal na verwagting Maandag in die Bultfonteinse landdroshof op aanklag van moord verskyn.







Comments