'n Vrystaatse man sterf presies 'n maand nadat hy 'n beenmurgoorplanting kry
- Armando Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Presies 'n maand nadat 'n jong man van Heilbron in die Vrystaat 'n beenmurgoorplanting gehad het, is hy oorlede.
Die NG Kerk Heilbron Moedergemeente het Sondag George Roos se afsterwe op Facebook aangekondig.
Netwerk24 berig Roos se pa, ook George, sê sy seun was sedert Mei in isolasie in die hospitaal. Sy beenmurgoorplanting is op 2 Julie gedoen en hy is Saterdag op 2 Augustus, presies 'n maand later, oorlede.
George sê dit is hartseer dat sy seun nie 'n tweede kans op die lewe kon kry nie.
Hyself het twee keer kanker gehad en 'n nier verloor. Hy sê hy het drie kanse op die lewe gehad, en sy seun kon nie eens 'n tweede kans gekry nie.





Comments