'n Vrystaatse munisipaliteit skuld meer as 'n biljoen rand aan Eskom
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 13
- 1 min read
Die Dihlabeng- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat se Eskom-skuld het oor nege jaar van R74 miljoen tot R1.1 biljoen gegroei. Dié wanbetaling lei nou tot ernstige kontantvloeiprobleme.
Volgens News24 staar dié munisipaliteit al sedert 2013 finansiële, politieke en administratiewe uitdagings in die gesig.
Die munisipale bestuurder, Mohau Ntheli, sê om die munisipaliteit se posisie in een finansiële jaar te verbeter, is 'n onbegonne taak. Hy reken dit sal ongeveer vyf jaar neem. Die munisipaliteit het tans ook 'n onderbefondsde begroting.
'n Begrotingsbefondsingsplan is egter Desember 2024 in werking gestel, en Ntheli sê die munisipaliteit se betalingskoers het al van 45% na 70% verbeter.





Comments