‘n Vrystaatse prokureur koop glo ‘n ondersoekbeampte om
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 13
- 1 min read
ʼn Vrystaatse prokureur van Ventersburg is tydens ‘n lokval-operasie vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem.
Volgens polisiewoordvoerder lt.kol. Thabo Covane verteenwoordig die prokureur drie beskuldigdes wat teregstaan op aanklagte van inbraak en die besit van vermoedelik gesteelde landbousaad ter waarde van meer as R2-miljoen.
Die saad is glo van plase in Bothaville, Viljoenskroon en Ventersburg gesteel.
Die ondersoekbeampte wat die saak van die gesteelde saad hanteer, sou na bewering geld ontvang sodat borgtog vir die drie beskuldigdes nie teengestaan word nie.
Die polisie het toegeslaan ná die geld oorhandiging is.
’n Saak van korrupsie en verydeling van die gereg is geopen.
Die verdagte sal binnekort in die Hennenman-landdroshof verskyn.








Comments