top of page

‘n Vrystaatse ram blêr koning

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 19
  • 1 min read

’n Vrystaatse ram is tydens Nampo Kaap as die Merino Classic se Nasionale Ram van die Jaar gekroon. Landbouweekblad berig die ram, Maximus, is vroeër vanjaar ook as die Vrystaatse Ram van die Jaar aangewys. Hy is deel van Heuningkrans Merino’s buite Smithfield. Meer as 20 boere van oor die land het sowat 370 skape in die kompetisie ingeskryf wat ná drie jaar weer op Nampo Kaap aangebied word. Die hoofringbeampte van die Merino Classic en BKB, Corné Nel, sê hoewel hulle heelparty biosekerheidstruikelblokke gehad het, is hulle tevrede met die aantal inskrywings.

 
 
 

Comments


bottom of page