top of page

'n Vrystaatse top-matriekleerling help ook sy klasmaats met wiskunde

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 14
  • 1 min read

’n Vrystaatse matriekleerling het nie net nasionaal die eerste plek in wiskunde onder leerlinge in kwintiel 3-skole verower nie, maar ook talle van sy klasmaats met wiskunde gehelp.


Netwerk24 berig Bokang Mokubung, die uittredende hoofseun van die Bluegumbosch Secondary School in Phuthaditjhaba, het vroeg soggens die huis verlaat om sy medeleerlinge voor skool te help, en hy het dieselfde in die middae gedoen.


Mokubung sê as hy na die sosialemediaplasings van die meeste van sy klasmaats kyk, het hulle goed gevaar in wiskunde, en hy is trots dat dit die moeite werd was.


Hy het self ook agt onderskeidings behaal, en beoog om vanjaar aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria te studeer.


Bokang Mokubung. FOTO: Facebook
Bokang Mokubung. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page