‘n Vrystater is glo met ‘n graaf in sy huis aangeval

’n Vrystater van Fauresmith sê hy is in sy huis met ’n graaf aangeval terwyl hy geslaap het.
Volgens die Vrystaatse polisie het Willem Croucamp die naweek wakker geword van ’n skerp pyn op sy voorkop. Hy het glo sy aanvaller oor hom sien staan met die graaf in sy hand.
Croucamp het daarin geslaag om die man te gryp en hom uit die huis te stoot. Die verdagte het die graaf laat val en te voet gevlug.
Croucamp is later in die hospitaal behandel. Hy is Maandag ontslaan en het daarna ’n strafsaak aanhangig gemaak.
Die verdagte is intussen opgespoor en in hegtenis geneem. Die polisie sê daar is volgens voorlopige ondersoek geen verhouding tussen die twee mans nie.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Fauresmith-landdroshof op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.









Comments