top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrystater is vir sy ma se moord gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 15
  • 1 min read

’n Vrystater van Viljoenskroon sal effektief 25 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy ma en poging tot moord op sy ouma.


Die 23-jarige Thabiso Motaung het in die Viljoenskroon-streekhof aan albei aanklagte skuldig gepleit.


Motaung het sy ma in 2021 tydens ’n argument in die hart gesteek toe hy 17 jaar oud was. Twee jaar later het hy sy ouma tydens ’n ander argument in die nek gesteek.


Die hof het hom tot 10 jaar tronkstraf vir moord en 25 jaar vir poging tot moord gevonnis, en gelas dat die vonnisse gelyktydig uitgedien word.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page