top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS beesboer het glo mense met saketransaksies ingeloop

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 15
  • 1 min read

'n Beesboer in die Senekal-distrik in die Vrystaat en 'n bekende in die rooivleisbedryf, Jaco de Villiers, het na bewering minstens 47 mense in saketransaksies ingeloop. Netwerk24 berig die aktivis Willem Petzer het glo klagtes hieroor ontvang.


De Villiers, onder andere stigter van die Rooivleis-aksiegroep (RAG), ontken egter ten sterkste dat hy enige sakevennote ingeloop het en sê daar is geen uitstaande sake of skuldigbevindings teen hom in dié verband nie. Sy regsverteenwoordiger, Marinus van Jaarsveld, het dit namens hom bevestig. Van Jaarsveld sê De Villiers is ook nie bewus van enige hofbevele wat in verband met saketransaksies teen hom toegestaan is nie.


Vrystaatse polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, bevestig ook daar is geen hangende sake teen De Villiers nie.


Rosestad-nuus het vroeër berig oor 'n skietvoorval verlede week op 'n plaas in die Senekal-distrik waarin die boer as die slagoffer voorgehou word. Twee beskuldigdes het glo sy hond doodgeskiet, trekkerbande beskadig en hooi aan die brand gesteek.


'n Magdom bewerings het sedertdien op sosiale media aan die lig gekom.


Netwerk24 berig voorts die landdroshof in Senekal het die verdagtes, Jacob van der Westhuizen en Juan Botha, borgtog van R1 000 elk toegestaan.


Jaco de Villiers. FOTO: Facebook
Jaco de Villiers. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page