‘n VS boer is Bfn se Lamb Champ

Sep 1
1 min read
Paul van Rooyen van Rouxville in die Vrystaat is as die Lamb Champ Bloemfontein-kampioen gekroon. Van Rooyen boer met Meatmaster-skape.
Nova News berig Lamb Champs se eerste Bloemfonteinse kompetisie het die naweek in die Toyota-stadion plaasgevind met 61 familieboere wat meegeding het om die kroon.
Die uitslag het vanjaar bykomende betekenis gehad, aangesien die eerste- en tweedeplekwenners outomaties vir die Suid-Afrikaanse span gekies is wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs Invitational in Pretoria teen Namibië sal meeding.
Hendri Punt en Jess Kessel van Dewetsdorp, wat met Suid-Afrikaanse vleismerino-skape boer, het tweede geëindig.








Comments