'n VS myndorp huisves binnekort een van Afrika se grootste sonkragaanlegte
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 30
- 1 min read
Welkom in die Vrystaat sal binnekort een van die grootste sonkragaanlegte in Afrika huisves.
Die Khauta-sonkragprojek, sowat 10 kilometer buite die stad, sal na verwagting ongeveer net meer as 1 000 GWh elektrisiteit per jaar opwek en teen die eerste kwartaal van 2027 ten volle operasioneel wees.
MyBroadband berig die projek bestaan uit individuele sonkragprojekte wat vanaf Riebeeckstad sigbaar is, en sluit duisende sonpanele in wat deur Trina Solar vervaardig is. Die senior nutsbestuurder van Trina Solar Suid-Afrika, Stephen Davey, verduidelik dat Trina Solar gekies is weens sy reputasie in die sonpaneelvervaardigingsmark. Die maatskappy is een van die oudste vervaardigers van sonpaneeltegnologie ter wêreld.
Die aanleg sal elektrisiteit aan groot industriële kliënte verskaf teen laer koste as Eskom, wat druk op die nasionale kragnetwerk kan verlig.
Welkom is doelbewus gekies weens sy bestaande mynbou-infrastruktuur en uitstekende sonligtoestande, wat ideaal is vir sonkragopwekking. Die projek het ook nuwe werksgeleenthede vir plaaslike inwoners geskep.








Comments