top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS skool is glo beroof

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Koffiefontein Combined School in die Vrystaat is na bewering beroof.


Die instapkluis in die kantoor is oopgebreek, terwyl die klein kluis wat aan die muur vasgebout was, heeltemal van die muur verwyder is. Daar is glo 12 skootrekenaars, twee selfone en kontant uit die kluis verwyder.


Volgens 'n polisieverklaring sê die skoolhoof, Hester van Wyk, dat toe sy Donderdagmiddag die skool verlaat, was alles in orde. Met haar aankoms by die skool die volgende dag, het sy opgemerk dat die hoofhek oop was en dat die voordeur van die administrasieblok ook oopgestaan het.


Niemand het toestemming gekry om skooleiendom te verwyder nie.


’n Saak van inbraak by ’n besigheid word ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page