Navorsers bewys ‘n mite oor prehistoriese insekte verkeerd
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
‘n Nuwe internasionale studie gelei deur die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Adelaide het ‘n langgekoesterde wetenskaplike teorie oor reuse prehistoriese insekte uitgedaag.
Navorsers het bevind dat massiewe naaldekokeragtige insekte met vlerkspan van tot 70cm, wat ongeveer 300 miljoen jaar gelede geleef het, nie afhanklik was van hoër atmosferiese suurstofvlakke soos voorheen geglo is nie.
Deur middel van hoë-resolusie elektronmikroskopie het die span ontdek dat insekte hul interne suurstofstelsels kan aanpas.
Die vyfjaarstudie, gepubliseer in Nature, dui daarop dat insekgrootte nie deur suurstof beperk word nie, wat ‘n heroorweging van bestaande handboekverduidelikings aanleiding gee.








Comments