Nehawu gaan betoog nadat ‘n pasiënt glo ‘n verpleegster seksueel geteister het
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
Die werkersvakbond Nehawu in die Vrystaat sal Vrydag by die Odendaalsrus-landdroshof betoog. Die vakbond staan borgtog teen vir ‘n pasiënt wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 60-jarige professionele verpleegster by die Thusanong-hospitaal wreed aangerand en seksueel geteister het.
Die vakbond sê die verpleegster, wat volgende maand sou aftree, het fisiese en emosionele trauma in die aanval opgedoen.
Nehawu sal ook ‘n memorandum aan die Vrystaatse LUR vir Gesondheid indien waarin hulle sterker beskerming vir gesondheidswerkers en mediese, sielkundige en finansiële ondersteuning vir die verpleegster eis.








Comments