top of page

Nersa keur Eskom se nuwe tariewe goed

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Dinsdag aangekondig dat hy die aansoek van die Eskom Kleinhandeltariewe en Strukturele Aanpassing goedgekeur het.


Volgens 'n mediaverklaring beteken dit 'n algemene tariefverhoging van 8,76% vir direkte Eskom-kliënte, wat op 1 April in werking sal tree, en 9,01% vir munisipaliteite, wat op 1 Julie effektief sal wees.


Die verskil in persentasies is te wyte aan die verskillende implementeringsdatums weens die feit dat Eskom en munisipaliteite se finansiële jare verskil.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page