top of page




NUM aanvaar Eskom se salarisverhogingsaanbod
Die mynbouvakbond NUM het Eskom se salarisverhogingsaanbod van 7% aanvaar. Vakbonde by Eskom is al vir etlike maande in salarisverhogingsonderhandelinge. NUM en Solidariteit het die jongste aanbod aan hul lede aanvaar. NUM sê sy lede regoor die land het die aanbod aanvaar. Rosestad-nuus het vroeër berig die metaalwerkersvakbond Numsa eis steeds ’n verhoging van 8% en het die aanbod van 7% verwerp. Ter illustrasie. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 16


Numsa verklaar ‘n loonstryd met Eskom
Die metaalwerkersvakbond Numsa het amptelik ‘n loonstryd met Eskom verklaar. Dit is nadat hulle die nutsmaatskappy se jongste aanbod van 7% verwerp het. Intussen gebruik ander vakbonde, die NUM en Solidariteit, hierdie week om met lede te konsulteer na ‘n uitmergelende ronde onderhandelinge by die Sentrale Bedingingsforum. Eskom sê dit het ʼn finale aanbod ter tafel gelê. Die vakbond hou egter by hul eis vir ‘n 8%-verhoging en beskryf Eskom se aanbod as ‘n belediging. Ter illu

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 15


Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf
Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf. Die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, sê die turbines is die laaste paar maande bykans glad nie gebruik nie. Die land het nou al 328 dae lank agtereenvolgens geen beurtkrag gehad nie. Die turbines is in die verlede hoofsaaklik gebruik om beurtkrag te versag. Volgens Marokane het Eskom sy uitgawes aan diesel vir die oopsiklus-gasturbines in die afgelope boekjaar met 62-komma-vier-ses p

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Eskom sê duisende word nie meer deur lasvermindering geraak nie
Eskom sê meer as 210 000 kliënte word nie meer deur lasvermindering geraak nie. Dit volg ná opgraderings in hoërisiko-gebiede. Die nutsmaatskappy het meer as 500 000 slimmeters landwyd geïnstalleer om vraag te bestuur en elektrisiteitsgebruik te verbeter. Lasvermindering word gebruik waar onwettige aansluitings en netwerkdruk die kragnetwerk bedreig. Eskom beoog om lasvermindering teen volgende jaar te beëindig deur ’n gefaseerde program wat 971 voerders en byna 1,7 miljoen k

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 30


Verwarring oor sonkrag-registrasiereëls neem toe
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) waarsku dat verwarring oor sonkrag-registrasiereëls toeneem namate Eskom se sperdatum van 31 Maart nader. Outa sê hulle glo die lae registrasievlakke is nie te wyte aan weerstand nie, maar aan onduidelike en teenstrydige vereistes van Eskom en sommige munisipaliteite. Die organisasie voer aan dat parallelle voldoeningsprosesse bestaande wetlike standaarde dupliseer, huishoudings dwing om twee keer te voldoen en koste onnodig verho

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Eskom se prysverhoging is g’n gekkedag-grap
Eskom-kliënte sal vanaf 1 April dieper in hul sakke moet grou, aangesien elektrisiteitstariewe na verwagting sal styg. Die kragverskaffer het bevestig dat kliënte wat direk deur Eskom voorsien word, ‘n prysverhoging van 8,76% kan verwag. Munisipaliteite sal na verwagting ‘n gemiddelde verhoging van 9% vanaf Julie implementeer. Nersa het die tariefaanpassing goedgekeur as deel van Eskom se inkomsteplan vir die 2026/27-boekjaar. Ter illustrasie. FOTO: Grok

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Eskom vier 'n mylpaal
Eskom sê Suid-Afrika het nou 300 opeenvolgende dae sonder beurtkrag bereik. Die kragvoorsiener sê die mylpaal is verlede Donderdag behaal en weerspieël verbeterde prestasie van sy opwekkingsvloot. Eskom sê die energie-beskikbaarheidsfaktor is tans bo 65%, terwyl onvoorsiene onderbrekings aansienlik afgeneem het in vergelyking met verlede jaar. Dieselverbruik het ook merkbaar gedaal. FOTO: Biznews

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 16


Nersa keur Eskom se nuwe tariewe goed
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Dinsdag aangekondig dat hy die aansoek van die Eskom Kleinhandeltariewe en Strukturele Aanpassing goedgekeur het. Volgens 'n mediaverklaring beteken dit 'n algemene tariefverhoging van 8,76% vir direkte Eskom-kliënte, wat op 1 April in werking sal tree, en 9,01% vir munisipaliteite, wat op 1 Julie effektief sal wees. Die verskil in persentasies is te wyte aan die verskillende implementeringsdatums weens die feit dat

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 10


Tesourie steun Eskom se plan om VS munisipaliteite te help
Die nasionale tesourie het sy steun gegee aan Eskom se plan om tydelik as agent op te tree vir sukkelende munisipaliteite. Netwerk24 berig ingevolge die nuwe ooreenkoms kan Eskom die kraginfrastruktuur, fakturering en invordering bestuur, met die verbruikers wat Eskom regstreeks betaal. Die ooreenkoms oor agentskap van verspreiding (DAA) stel Eskom in staat om munisipaliteite te help om hul elektrisiteitsonderneming te bedryf. Eskom se woordvoerder in die Vrystaat, Stefanie J

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 27


Eskom waarsku teen prysverhogings
Elektrisiteitstariewe kan moontlik styg indien Eskom verplig word om nuwe besoedelingsbeheer-tegnologie by die Medupi-kragstasie te installeer. Volgens die kragvoorsiener se konsep-koste-voordeelstudie kan die opgradering sowat R383 miljard oor die aanleg se leeftyd kos. Eskom sê hoewel die tegnologie swaeldioksiedvrystellings aansienlik sal verminder, is die beraamde gesondheidsvoordele steeds laer as die installasie- en bedryfskoste. Die nutsmaatskappy voeg by dat die koste

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26
bottom of page

